Gemeente-ete om Dankbaarheidsmaand af te sluit
Ons het op Sondag, 29 Mei heerlik om die etenstafel gekuier en saam Dankbaarheidsmaand afgesluit. Dit was heerlik om weer al die ou bekendes bymekaar te kon hê en ook om ‘n paar nuwe lidmate om die etenstafel te kon verwelkom.
Ons het begin met Valencia se heerlike groente– en gortsop (ons noem dit sommer die Gort-is-Gaar-sop…) en toe weggetrek met burgers en tjips met ‘n verskeidenheid trimmings en toppings om die burgers ekstra lekker te maak. Vir nagereg het die appeltert en roomys alles mooi afgerond. Dankie aan almal wat ‘n aandeel gehad het om die dag moontlik te maak – van die kropslaai-wassers tot die appeltertbakkers, braaiers, skeppers, skottelgoedwassers, sousmakers en gherkin- en tamatiesnyers! ‘n Reuse dankie aan Piet Smal wat die ete geborg het – ons is opreg dankbaar vir jou bydrae!