Ons 65-plussers het op Donderdag 1 Junie ‘n insiggewende en inspirerende uitstappie na Glenelly se glasmuseum gehad. Daarna het almal heerlik verder by die kerk gekuier en is die winterkoue verdryf met sop en broodjies. Daar was ook heerlike soetwyne om te proe soos Hanepoot, Rooi Jerepigo en Muskadel – ons het sommer ons eie Soetes en Sop gehou!
