Die kinders het omtrént hulle Pannekoeksondag op 9 Junie geniet en die kwartaal bak-bak en eet-eet afgesluit! Elkeen het ‘n kans gekry om self pannekoek te bak – ons het sommer ‘n hele spannetjie opgelei wat op die Lentefees kan help by die Pannekoektafel.