Nioma Venter van die Wes-Kaapland Sinode het vanoggend ‘n skrywe aan alle gemeentes in die Wes-Kaap gestuur. Sy skryf: “Vanoggend is ons bemoedig deur die meelewing van ons gemeentes! Terwyl stormwind en brande in ons Sinodale gebied woed, gebedsgroepe opgeroep word tot voorbidding en ons almal angstig nuusberigte dophou, kom daar van oraloor navrae oor hoe gemeentes daadwerklik bystand kan verleen. Ons weet dat uit al hierdie hartseer, daar getuienisse en stories van hoop sal kom, maar vir nou het ons ‘n geleentheid om onmiddellik en baie tasbaar uit te reik en te help waar ons kan.” Lees hier waar jy hulp kan verleen of ‘n bydrae kan maak. Sy kan ook gekontak word by 021 957 7110 | 076 553 1831 | nioma@kaapkerk.co.za.