Beste lidmaat. In die lig van Covid-19 het die kerkraad besluit om eredienste tot en met 5 April af te stel. Dienste sal wel deur ons leraars opgeneem word en op aanlynplatvorms gekyk kan word of geluister kan word. Maak asb seker die kerkkantoor het jou e-pos adres en selfoonnommer sodat ons effektief kan kommunikeer. Die boodskap van elke Sondag sal ook in gedrukte formaat by die kantoor beskikbaar wees. Volg die skakel na Leon se kort video oor die reëlings wat in plek gestel is.