Gesinne wat tuis saam wil lees, gesels, doen en bid, is welkom om hierdie Huisgeloofblad af te laai en as hulpmiddel te gebruik. Ons is nou in Koninkrykstyd wat strek vanaf Pinkster tot Advent. Augustus is Barmhartigheidsmaand en Vrouemaand. Die teksgedeeltes vir hierdie Sondag is Matteus 15 en Handelinge 16. Die tema is NOOI.