Gesinne wat tuis saam wil lees, gesels, doen en bid, is welkom om hierdie Huisgeloofblad af te laai en as hulpmiddel te gebruik. Die teksgedeelte hierdie week is Matteus 17:1-9. Woensdag vier ons Aswoensdag en dit is ook die begin van Lydenstyd. Die tema hierdie week is om as gesinne die kerkjaar saam te vier.