Gesinne wat tuis saam wil lees, gesels, doen en bid, is welkom om hierdie Huisgeloofblad af te laai en as hulpmiddel te gebruik. Die teksgedeeltes hierdie week is Matteus 4 en Genesis 2 & 3. Woensdag het ons Aswoensdag gevier wat die begin van Lydenstyd is. Gedurende Lydenstyd sal hierdie Huisgeloofblad gesinne help om elke week ‘n nuwe geloofsgewoonte aan te leer. Die tema hierdie week is om as gesinne te connect met God.