Gesinne wat tuis saam wil lees, gesels, doen en bid, is welkom om hierdie Huisgeloofblad af te laai en as hulpmiddel te gebruik. Die teksgedeeltes hierdie week is Johannes 3 en Psalm 32. Gedurende Lydenstyd sal hierdie Huisgeloofblad gesinne help om elke week ‘n nuwe geloofsgewoonte aan te leer. Die tema hierdie week is EENVOUD.