Gesinne wat tuis saam wil lees, gesels, doen en bid, is welkom om hierdie Huisgeloofblad af te laai en as hulpmiddel te gebruik. Ons is nou in Paastyd wat 50 dae lank is (van Paasfees tot Pinksterfees). Die teksgedeeltes vir hierdie Sondag is 1 Petrus 2:25 en Johannes 10:1-11. Die tema is DIE GOEIE HERDER.