Gesinne wat tuis saam wil lees, gesels, doen en bid, is welkom om hierdie Huisgeloofblad af te laai en as hulpmiddel te gebruik. Ons is nou in Koninkrykstyd wat strek vanaf Pinkster tot Advent. Koninkrykstyd begin met Drie-Eenheidsondag waar die Triniteit gevier word. Die teksgedeelte vir hierdie Sondag is Genesis 1 & 2 en 2 Korintiërs 13. Die tema is DRIE-EENHEID.