Die kerkgebou van die gemeente Assembly of God in Kraaifontein, het vroeg in Maart afgebrand.

Dié gemeente is ‘n steunpilaar in die gemeenskap en bedryf onder andere ‘n sopkombuis vanuit die gebou. Hulle is dringend afhanklik van skenkings om die gebou te herstel sodat hul goeie werk kan voortgaan.

Ons het ook verlede week namens ons Gevangenisbediening se verteenwoordiger, Cecile van der Westhuizen, ’n versoek in die Welweek geplaas vir ‘n werkende rekenaar, juis om hierdie gemeente te help. Arnold, wat destyds as gevangene by Drakenstein Gevangenis hier by ons kom getuig het, is deesdae by hierdie gemeente en help hulle met hul rekenaarwerk. Kontak Cecile (cecilewesth@gmail.com) as jy ‘n rekenaar kan skenk wat in ‘n goeie werkende toestand is.

Vir meer inligting oor die gemeente en hoe jy ‘n finansiële bydrae kan maak, kliek hier om die brief van die kerk se pastoor te lees asook vir meer foto’s van die skade.