Oktobermaand is tradisioneel die maand wat die klem op kankerbewustheid val.

Die 6-jarige kleindogter van voormalige lidmate van ons, Nicol en Minnie Louw (voormalige skriba hier), het Leukemia. Die dogtertjie Mia Cara Ferreira is op 3-jarige ouderdom gediagnoseer en het 21 maande van intense chemoterapie en ander behandeling gekry. Sy sou haar behandeling hierdie November kon staak, maar die Leukemia is terug. Die dogterjie se kans op oorlewing is onder 50 persent indien sy weer begin met die behandeling, en haar kanse op breinskade weens bestraling is baie sterk.

Sy het nou ‘n geleentheid om T-sel terapie te kry,  ‘n vorm van behandeling in die VSA waar die sukses tans meer as 90% is. ‘n Groot fondswerwingspoging om 4 miljoen rand in te samel, het onder ons aandag gekom. Skenkings  kan gemaak word by rekeningnaam: Mia Cara Trust Fund, rekeningnommer 62555 7444 34 . Tjekrekening FNB. Tak: Stellenbosch. Takkode 200610. verwysing: Hope for Mia Cara.

As jy op die internet intik: Hope for Mia Cara sal jy ‘n youtube insetsel kan sien, asook ‘n pdf kan aflaai met heelwat inligting.