Jurie en Magdaleen Goosen van die Internasionale Studentebediening bedank almal in ons gemeente vir die getroue ondersteuning deur gebede en gawes in 2016. Hulle is dankbaar vir kontak met studente uit geslote lande soos Libië, Algerië, Iran en China. Volgens hulle bly dit ‘n voorreg om ná die opbou van ‘n verhouding vir ‘n student sy eerste Bybel of Jesus DVD in sy taal te kan gee. Kliek hier om die 2016-verslag van hierdie bediening te lees. Jy kan hulle ook ondersteun deur ‘n bydrae tot die deurkollekte van 1 Januarie 2017 te maak.