Ons jaartema vir 2021 is Dissipels loop langs mekaar. Ons begin daarom op 31 Januarie 2021 met ’n preekreeks oor dissipelskap en wat dit alles behels om ’n leerling en volgeling van Jesus te wees. Jesus se laaste opdrag aan sy dissipels was tog: gaan en maak dissipels. Christene se opdrag, en dus die kerk se opdrag, was nog altyd om dissipels te maak. Ná die preekreeks gaan ons ’n heerlike dankseggingsete hou vir die hele gemeente. En soos wat Jesus aan tafel mense saamgenooi het, wil ons dan ook die uitnodiging en uitdaging rig aan enigiemand wat saam op reis wil gaan om hulself te verbind om vir ten minste die res van die jaar saam te reis en te leer by Jesus. Dissipelskap is nie ’n kursus of ’n opsionele deeltjie van die gemeente se program nie. Dissipels is wie ons is. Kom stap saam! Kliek hier om die volledige skrywe van Leon Cronje te lees.