Ons was bevoorreg om verlede Sondag die Jamestown Sounds orkes hier in ons gemeente te kon ontvang en na hul optrede te kon luister. Jamestown Sounds Musiekprojek het 13 jaar gelede as inisiatief hier in ons gemeente begin en reik sedertdien uit na die kinders van Jamestown en Cloetesville sodat soveel as moontlik kan leer om ’n musiekinstrument te bespeel of koor te sing. Die projek het ’n positiewe en verrykende uitwerking in die gemeenskap.

Dankie aan die gemeente wat hierdie projek getrou ondersteun. Dankie ook vir verlede week se deuroffer wat aan Jamestown Sounds gegaan het – die bedrag was R3 103!