Verlede Sondag was ons kategese se afsluiting vir die jaar. Ons jeugbediening, waarvan Kleuterkerk, Junior kategese en Tienerkerk die groot pilare is, is baie belangrik. Terwyl ons weet dat ouers die eerste en belangrikste geloofvormers in kinders se lewens is, speel die gemeente ‘n baie belangrike rol om kinders en ouers verder op die pad van geloofsvorming te begelei.
Daarom ‘n woord van dankie aan elke Kleuterkerk leidster en kategese leier wat deur die jaar getrou gehelp het. Die afsluiting was ‘n lekker partytjie waar ons “minute to win it” gespeel het en roomys geëet het. Pret is tog so noodsaaklik – om ook pret te hê by die kerk – en te weet dat Jesus nie ‘n pretbederwer is nie. So speel-speel leer ons saam en groei ons in ons liefde vir Jesus en mekaar.