Verlede Sondag het ons Junior Kategese afgeskop met ‘n drive-through of soos ons dit mooi in Afrikaans vertaal het: ‘n Haai en Waai! Huisgesin “kosblikke” met ‘n huisgeloof gids is uitgedeel met ‘n vriendelike groet en vinnige geselsie. Dit was heerlik om weer almal te sien!