Dit was omtrent ‘n jolige storie toe die kleuterkerk en junior kategese verlede Sondag hul afsluiting vir die jaar gehad het! Ons het eers almal saam kerk toe gegaan waar ons onder andere na die Jamestown Sounds se optrede geluister het. Daarna was dit tyd vir speel, piekniek en roomys!