Welgelegen-gemeente is sedert 2001 se kerkraadsbesluit amptelik ‘n gay-vriendelike gemeente. Verlede jaar het die kerkraad die Algemene Sinode versoek om ‘n besluit te neem wat nie-diskriminerend en regverdig is sodat die gedrag van homoseksuele en heteroseksuele persone oor dieselfde kam geskeer word. Die Algemene Sinode het verlede jaar ‘n baie goeie en verwelkomende besluit geneem, maar dit by die pas afgelope sitting omvergewerp. Die kerkraad het by die vergadering van 15 Nov hierop gereageer. ‘n Volledige blaadjie met die amptelike besluite van die Alg Sin 2015 & 2016 met kommentaar op elkeen, is hier beskikbaar.