Beste gemeentelid,

Die kerkraad het op haar afgelope kerkraadsvergadering ‘n belangrike besluit geneem oor die gemeente se status as dolerende gemeente. Stellenbosch-Welgelegen was die eerste gemeente in die NG Kerk wat besluit het om te doleer. Maar ons was ook die enigste gemeente wat doleer het oor die NG Kerk Algemene Sinode van 2016 se besluit oor selfdegeslagverhoudinge. Sedertdien het ongeveer 85 ander NG gemeentes besluit om te doleer oor die Algemene Sinode van 2019 se meer akkommoderende besluit oor selfdegeslagverhoudings. Die kerkraad het egter besluit om die gemeente se dolerende status op te hef aangesien die 2019-besluit op die 2023 Algemene Sinode bevestig is en aangedui is dat dit ‘n beginselbesluit van die sinode is en dat ons graag wil ruimte maak vir gay lidmate en selfdegeslagverhoudinge. Ons het ‘n verklaring voorberei wat jy gerus kan lees as jy meer hieroor wil weet of kontak gerus een van ons leraars indien jy vrae hieroor het. [skakel vir die verklaring]