Ons het weer vanjaar die inwoners van Stellenbosch Nagskuiling bederf met ‘n heerlike Kersete vroeg in Desember. Hulle kon smul aan hoender, aartappelslaai, noedelslaai én koolslaai met poeding as ‘n bonus. Dankie aan almal wat bygedra het tot hierdie feestelike ete. ‘n Spesiale dankie ook aan Valencia Josephs en Surina van Taak wat so hard in die kombuis gewerk het en seker gemaak het niemand word afgeskeep nie.