Ons het weer baie goeie kwaliteit Kersfees- en geskenkpapier te koop teen R10 per rolletjie. Die papier word vir fondswerwing verkoop deur Die Alta du Toit Nasorg sentrum in Boston vir volwassenes met intellektuele gestremdheid. Die papier word vir hulle deur ‘n kunstenaar ontwerp, waarna inwoners dit self inkleur en dit dan deur ‘n maatskappy gedruk word op sterk papier. Sondae tydens die erediens is bokse by die deure – gooi asb R10 (of meer as jy wil) in per rolletjie wat jy neem. Ons het ook weeksoggende van die papier by die kerkkantoor te koop.