Ons 2017 Kersprojek is weer hier! Ons wil hierdie November soveel moontlik van die produkte op ons Kerspamflet insamel om Kersvreude in die behoeftige gemeenskap om ons in te dra. Ons is ook dringend op soek na mense wat die oggend van Woensdag 29 November hier by die kerk sal kom help met die verpakking van ons honderde kerspakkies. Skakel die kerkkantoor by 021 886 5975 as jy hiermee kan help. Die insameling konsentreer vanjaar op veral voedsel, toiletware en skoolbenodigdhede. Enige geldbydrae waarmee ons hierdie produkte kan aankoop, sal baie welkom wees. Kliek hier om die Kerspamflet af te laai.