Die groot verpakking van die Kersprojek het op Woensdag, 28 November plaasgevind. Die pakkers het soos miere beweeg, elkeen besig met sy/haar werk.
Altesaam 67 gesinskospakkies en 671 lekkergoedpakkies is verpak vir Voedingsaksie, ACVV, Stellemploy en Eikiehart. Dan is daar ook nog 22 geskenkies toegedraai vir Huis Horison, 51 vir Geluksoord en 50 vir Paarl Hospitaal se Neonatale Eenheid. Toiletware, skoonmaakmiddels, skryfbehoeftes en lekkers is ook verdeel en só kon ABBA, Nagskuiling, Safehouse en Jeuguitreik ook deel in die groot bederf.
Baie dankie aan almal wat bygedra het, hetsy om produkte of kontant te skenk of om te help met die verpakking.