Ons het vanjaar ’n verskeidenheid van dinge waaruit jy kan kies om by te dra om iemand se Kersfees spesiaal te maak. Kyk waar en hoe jy betrokke wil raak om hierdie Kersfees ’n verskil te maak.
Laai die pamflet hier af vir inligting oor al die plekke wat ons vanjaar ondersteun en die produkte en dienste wat jy vir hulle kan skenk.
Ons wil op Woensdag, 28 November van 09:00 tot 12:00 hier by die kerk verpak aan ons geskenke. Enigeen wat kan kom help, of enige lidmaat wat die Barmhartigheidsaksie wil help met aankope, skakel asb die kerkkantoor (021 886 5975).