Baie dankie aan elke lidmaat wat, op watter wyse ookal, bygedra het tot ons 2019-Kersprojek. Finansiële donasies en skenkings van produkte het dit vir ons moontlik gemaak om ’n betekenisvolle bydrae te lewer aan die gemeenskap van Stellenbosch waar die nood so groot is. Ons kon ook ekstra hulp aan die gemeente van Calvinia gee. Die terugvoer-pamflet is hier beskikbaar om af te laai.