Die laaste groot saamwerkpoging vir 2019 is op hande – die Kersprojek. Die beplanning is gedoen en nou lê die insameling en aankope voor. Bestudeer die pamflet deeglik en kies waar jy wil bydra om iemand se Kersfees spesiaal te maak. Ons konsentreer hoofsaaklik op voedsel, lekkergoedpakkies, toiletware en skoolbenodigdhede, maar jy kan ook ‘n geldbydrae maak waarmee ons die nodige produkte kan aankoop. Teken solank Woensdag 27 November in jou dagboek aan. Dit is wanneer die groot verpakking plaasvind. Laai die pamflet gerus hier af.