Vanjaar is daar weereens ’n verskeidenheid waaruit jy kan kies om by te dra om iemand se Kersfees spesiaal te maak. Bestudeer die pamflet vir inligting oor al die plekke wat ons vanjaar ondersteun en die produkte en dienste wat jy kan skenk.
Die groot verpakking van al die geskenke en pakkies vind plaas op Woensdag, 25 November van 09:00 tot 12:00 in die vierkant hier by die kerk. Enigeen wat kan help met die verpakking of wat wil help met aankope, kontak asseblief die kerkkantoor (021 886 5975)