Baie dankie aan elkeen wat hierdie jaar dmv ons Kersprojek bygedra het om hoop te bring aan minderbevoorregtes in ons omgewing en om dankie te sê aan versorgers en personeel. Altesaam 83 gesinskospakkies is uitgedeel aan Voedingsaksie, ACVV, Stellemploy, behoeftige kookskoolstudente en gesinne wat deur die Eikiehart-projek ondersteun word (ons het ook 3 kosemmers ontvang). 150 lekkergoedpakkies is vir die ACVV geskenk, bottels met koekies is vir die personeel van Geluksoord gegee en die personeel van die Paarl Hospitaal se Neonatale Eenheid het ook geskenkies ontvang. Ekstra kos, lekkergoed, koeldrank, toiletware en skoonmaakmiddels is uitgedeel aan ABBA, Jeuguitreik, Nagskuiling, Huis Horison, studente aan die US en Safehouse. Baie, BAIE DANKIE aan al die gewers!
