Met ons Kersprojek wil ons  vanjaar poog om ‘n bietjie hoop in die lewens van minderbevoorregte mense en kinders te bring – deur middel van kospakkies, toiletware, skoonmaakmiddels, skoolbenodigdhede en ietsie soet om te eet. Ons wil ook dankie sê aan versorgers en personeel wat, te midde van die pandemie, steeds hul werk met oorgawe en in liefde doen – deur middel van ‘n pakkie koekies en/of ‘n klein geskenkie. Bestudeer die pamflet vir inligting oor al die plekke wat ons vanjaar ondersteun en die produkte en dienste wat jy kan skenk. Om dit makliker te maak, het ons hierdie jaar ‘n volledige inkopielys saamgestel. Pamflette en inkopielyste is ook beskikbaar op die B-Aksie tafel en in die kerkkantoor.