Baie dankie aan almal wat, op watter wyse ook al, bygedra het tot hierdie jaar se Kersprojek:  mense wat produkte geskenk het, inbetalings gemaak het, gehelp het met aankope, die verpakking of gehelp het met aflewerings.  Elkeen se bydrae maak ‘n groot verskil en word opreg waardeer.  Ons kon alreeds die volgende uitdeel:

  • 30 gesinskospakkies, 3 kosemmers, 7,5 kg koekmeel, 2,5 kg versiersuiker en 20 bottels aanmaakkoeldrank aan die Voedingsaksie.
  • 30 gesinskospakkies, 150 lekkergoedpakkies, 6 bottels aanmaakkoeldrank en skoonmaakmiddels aan die ACVV.
  • Aan die Eikiehartprojek by Laerskool Eikestad kon ons 2 gesinskospakkies en toiletware skenk.
  • Geluksoord Tehuis vir Bejaardes se personeel is elkeen bederf met ‘n glasfles met tuisgebakte koekies en ‘n persoonlike Kersboodskap.
  • Vir Jeuguitreik is ‘n boks met kruideniersware geskenk, ook skoonmaakmiddels, toiletware, aanmaakkoeldrank en hoenderstukke.
  • Nagskuiling is op Maandag, 5 Desember bederf met heerlike oondgebraaide hoender, aartappelslaai, noedelslaai, “trifle” en koeldrank.  Hulle het ook ‘n boks met kruideniersware, aanmaakkoeldrank, toiletware en ‘n pakkie koekies vir elk van die 7 personeellede ontvang.
  • Paarl Hospitaal Neonatale Eenheid se personeel en die mammas in die neonatale eenheid ontvang elkeen ‘n handeroompie en Kersboodskap op Kersdag, asook 2 bokse vol gebreide items vir die piepklein babatjies.
  • Die Safehouse was baie dankbaar vir die 2 kantoorstoele, boks met kruideniersware, handdoeke, babadoeke en ander baba toiletware, skoonmaakmiddels, toiletware, hoenderstukke en glasflesse met koekies vir die 10 personeellede.
  • Die 12 studente wat binnekort afstudeer by Stellemploy het elkeen ‘n kospakkie, tandepasta en seep ontvang.
  • ABBA het 4 bokse met toiletware ontvang vir kliënte wat vir behandeling gaan.