Met ons Kersprojek wil ons vanjaar poog om ‘n bietjie hoop in die lewens van minderbevoorregte mense en kinders te bring – deur middel van kospakkies, toiletware, skoonmaakmiddels, skoolbenodigdhede en ietsie soet om te eet. Ons wil ook dankie sê aan versorgers en personeel deur middel van ’n pakkie koekies en/of ‘n klein geskenkie. Bestudeer die pamflet vir inligting oor al die plekke wat ons vanjaar ondersteun en die produkte en dienste wat jy kan skenk. Ons het ook weer vanjaar ’n volledige inkopielys saamgestel. Hou ons weeklikse kommunikasie dop vir nuus en idees oor hoe jy kan help en betrokke kan wees.