Met ons Kersprojek fokus ons daarop om hoop te bring deur voedselverligting, liefde uit te deel deur dit wat ons gee en dankie te sê vir versorgers en personeel wat getrou hul werk doen. Volg die skakel en laai die pamflet af met al die inligting oor die instansies wat ons vanjaar ondersteun en die produkte wat jy kan skenk. Ons het ook weer vanjaar ‘n volledige inkopielys saamgestel wat jy kan aflaai, uitdruk en in jou beursie sit vir wanneer jy inkopies gaan doen. Hou ons weeklikse kommunikasie dop vir nuus en idees oor hoe jy kan help en betrokke kan raak.