
Baie dankie aan almal wat kom help het met die opmaak van die kospakkies, lekkergoedpakkies, geskenke vir hospitaalpersoneel, toiletware, skoonmaakmiddels en skoolbenodigdhede. Julle was wonderlik en regte staatmakers!
Dankie aan almal wat op een of ander manier ‘n bydrae gemaak het sodat al hierdie produkte na die behoeftige gemeenskap versprei kan word. Soos altyd klop ons gemeente se hart warm!


