Korslose Melktert
3 eetlepels gesmelte botter
3 eiers, geskei
1 koppie suiker
1 koppie koekmeelblom
5 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml vanieljegeursel
1 liter volroommelk
kaneelsuiker vir oorstrooi
Stel die oond op 190°C. Smeer ‘n groot tertbak of spuit met kleefwerende middel.
Klits botter, eiergeel en suiker saam.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en roer by bottermengsel.
Roer vanieljegeursel in en ook bietjie-bietjie die melk terwyl geklits word om klonte te voorkom.
Klits die eierwitte styf en vou in. Giet in die bak en strooi kaneelsuiker oor.
Bak in die oond vir 40 tot 45 minute totdat dit bruin bo-op is en gestol.
Laat effens afkoel en geniet!