Die Leer- en Aktuele Sake diensgroep gaan weer met gespreksgeleenthede oor leerstellige en aktuele sake in die gemeente voort. Die doel is dat gemeentelede daardeur beter toegerus word om as gelowiges aan samelewingsgesprekke te kan deelneem, maar ook om ons geloofsoortuigings en kennis van die Bybel en die kerk beter te kan verwoord.
Die byeenkomste wat op die eerste en laaste Sondae van elke maand plaasvind, word telkens by ons kerksentrum gehou van 18:00 tot 19:00. Die tema vir hierdie kwartaal is: “Bybelse perspektiewe op geregtigheid”. Laai die program gerus hier af.