Die Leer- en Aktuele Sake diensgroep gaan weer met gespreksgeleenthede oor leerstellige en aktuele sake in die gemeente voort. Die doel is dat gemeentelede daardeur beter toegerus word om as gelowiges aan samelewingsgesprekke te kan deelneem, maar ook om ons geloofsoortuigings en kennis van die Bybel en die kerk beter te kan verwoord.
Die ritme wat gevolg gaan word, is soos volg (telkens 18:00 – 19:00 by die kerksentrum):
Eerste Sondae van die maand: Toerustingsgesprekke en/of – kursusse oor leerstellige en Bybelse temas
Laaste Sondae van die maand: Toerustingsgesprekke oor aktuele sake van die dag
Vir al die datums en sprekers, laai die inligting hier af.