Pampoentert (6 porsies)

Bestanddele:

2 eiers

80 ml suiker

125 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

knippie sout

375 ml gaar botterskorsie (fyn gedruk)

125 ml melk

Sous:

80 ml suiker

80 ml melk

40 ml botter

5 ml vanieljegeursel

Metode:

Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die eier en suiker saam. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer dit by die eiermengsel. Meng die pampoen en melk en roer dit by die meelmengsel. Skep dit in ‘n gesmeerde oondbak en bak dit 30 tot 35 minute.

Maak intussen die sous deur die suiker, melk en botter saam tot kookpunt te verhit. Roer tot die suiker gesmelt is. Voeg die geursel by en giet die warm sous oor die pampoentert sodra dit uit die oond kom. Geniet!