Skryf nou in vir die BergLOOP!
Dit is weer een van die dae ons jaarlikse Lentefees (Saterdag 9 September) en soos in die verlede kry jy die geleentheid om saam in die berg te gaan stap. Bring jou hele gesin, jou omgeegroep, jou klasmaats, jou kollegas – ag sommer almal wat jy ken! Ons trek weg by die parkeerterrein en eindig buite by die kerksaal waar jy jou muffin en koffie of sap kan afhaal. Inskrywings het reeds geopen en sluit op Vrydag 8 September om 12:00. Kliek hier om die inskrywingsvorm af te laai. Stuur sommer vir almal wat jy ken ook aan – fikses en onfikses, oud en jonk! Onthou: die kategese-klas met die meeste inskrywings kry weer ‘n lekker verrassing…