Lentefees 2019: ons kuier weer saam op 7 September!

Ons sien uit na ’n groot kuierdag met al die ou gunstelinge soos kerrie & rys, pannekoek, poeding, jaffles en vele meer! As jou dienswerker nog nie jou Lentefeespamflet afgelewer het nie, laai dit sommer hier af en kyk waar jy betrokke kan raak en watter skenkings nodig is.