In 2018 het Charl Cronje geregistreer as ‘n BIBLEgiver-atleet en ‘n wedloop gehardloop, 4THEM. Ons gemeente en individuele borge het deur Charl ‘n groot verskil gemaak. Die Biblegivers-inisiatief moedig sportmanne en -vroue aan om aan ‘n wedloop of byeenkoms deel te neem en borge in te samel waarmee Bybels dan geborg word. Die gemiddelde prys van ‘n Bybel is R60.
Hierdie jaar het Leon Cronje ook as Biblegiver geregistreer. Op 20 Oktober gaan Charl en Leon aan die Gunrun in Kaapstad deelneem. Hulle wil almal nooi om Bybels te borg. As jy meer wil weet oor die vervolgde kerk, skakel gerus met Charl of Leon.
Deponeer asseblief donasies in die volgende bankrekening:
Rekeninghouer: Geopende Deure
Bank: ABSA Bank
Tipe rekening: Spaarrekening
Rekeningnommer: 9172174758
Takkode: 632005, Northcliff
Betalings kan ook by die kerkkantoor gemaak word.
Leon se verwysingsnommer: BG67
Charl se verwysingsnommer: BG18
(Indien die donateur ‘n persoonlike Geopende Deure nr het, kan hy/sy dit ook byvoeg – bv. BG67 + eie nr)