Dankie aan almal wat die uitreik ondersteun het en saamgebid het. Hier is ‘n paar fotos om ons net weer te herinner aan die groot werk wat in Lesotho gedoen word. Ons ondersoek ook maniere om nog meer betrokke te raak in Lesotho en selfs buite Lesotho. Een van die wonderlike getuienisse is van Ntsiwa wat die eerste sendeling uit Lesotho is en van Maphutseng af kom. Sy gaan volgende jaar God se lig verder in Afrika laat skyn.

 

 

August en Ntati Leowapi op sy landery (foto bo)

Donga rehabilitasie (foto regs onder) – ons bou ‘n muur van klip en takke in die donga om die watervloei stadiger te maak sodat die grond wat wegspoel daar neergelaat kan word en die donga stelselmatig weer opvul. Die dongas is regtig groot in Lesotho (foto links onder) en baie goeie landbougrond het al weggespoel.