Ons beplan weer ‘n uitreik na Maphutseng in Lesotho tydens die September skoolvakansie. Die uitreik is oop vir alle gr 7 tot 12 leerlinge.

Inskrywingsvorms is by ons Jeugdiens of die kerkkantoor beskikbaar of laai dit hier af. Daar is al heelwat inskrywings ontvang, so spring gou as jy nog wil saamgaan. Persone wat meer wil weet en dalk ‘n bydrae tot die uitreik wil maak kan met Leon Cronje skakel.