Lindelani kom sê dankie!

Lindelani kom sê dankie!

Twee leerders van Lindelani Plek van Veiligheid het die kerkkantoor besoek en ‘n reuse dankie-sê-kaartjie vir ons gebring wat hulle self gemaak het. Hulle het ons gemeente bedank vir die 77 bekers wat ons vir hulle gegee het en vertel hoe baie dit vir die kinders beteken dat ons aan hulle dink in hierdie tyd. Dankie Stellenbosch-Welgelegen vir julle omgee-hart elke jaar met ons Bekertjie-projek!

2018-12-13T08:52:40+00:00 13 Desember, 2018|Nuus|