Jy word uitgenooi na twee Aswoensdag meditatiewe geleenthede op Woensdag 14 Februarie. Daar sal om 07:00 en weer om 19:00 ’n geleentheid wees in die konsistorie. Die geleenthede sal eenders wees alhoewel die 19:00-geleentheid meer kontemporêr aangebied sal word. Aswoensdag help ons om onsself voor te berei vir Lydenstyd wat voorlê. Kliek hier om meer inligting oor Lydenstyd en Aswoensdag af te laai.