Dit is amper Lydenstyd in die kerkjaar. Die ekologie-bediening van die gemeente wil julle uitdaag om hierdie Lydenstyd veral te fokus op die verbruik van plastiek en maniere om dit te verminder. Volg die skakel en laai gerus die plastiekverminderingkalender af wat baie lekker praktiese raad het oor hoe om jou en jou gesin se verbruik van plastiek te verminder.