
We burn the Branches from last year’s Palm Sunday Service to create the Ashes.
Aswoensdag is die begin van Lydenstyd – ‘n tyd van selfrefleksie en selfondersoek. Dit is ‘n tyd van agterlaat, van skuldbelydenis, ja, selfs van rou en treur. Dit is ‘n tyd van prysgee van fisiese dinge in die vorm van vas, maar ook van dinge wat ons aandag van God aftrek: selfgesentreerdheid, ons gehegtheid aan goed wat ons steeds gevange hou en ‘n tyd van nadink oor ons gebrokenheid as mense. Dit is ‘n tyd wat ons na onsself kyk deur die spieël van die kruis. Die teken van ‘n as-kruis op die voorkop herinner ons aan berou en ons eie sterflikheid. Volg die skakel om die meditasie af te laai.