Die groot verpakking van die Kersprojek het op Woensdag, 27 November plaasgevind. Die pakkers het soos miere beweeg, elkeen besig met sy of haar werk. Altesaam 70 gesinskospakkies en 650 lekkergoedpakkies is verpak vir Voedingsaksie, ACVV, Stellemploy en Eikiehart. Dan is daar ook nog  geskenkies toegedraai vir Geluksoord, Eikiehart en Paarl Hospitaal se Neonatale Eenheid. Toiletware, skoonmaakmiddels, skryfbehoeftes en lekkers is ook verdeel en só kon ABBA, Nagskuiling, Safehouse en Jeuguitreik deel in die groot bederf. Baie dankie aan almal wat bygedra het, hetsy om produkte of kontant te skenk of om te help met die verpakking.