Gehoorlede kan uitsien na die goue stem van Danie Niehaus, strelende toonsettings van Laurinda Hofmeyr en voorlesings deur bekende RSG-stemkunstenaar Johann Nel. Gewilde televisiepersoonlikhede Pedro Kruger, (Klavierkuiers met Pedro en Liriekeraai) en Crystal Donna Roberts (Krotoa, 7de Laan en Pasella) tree op as seremoniemeesters, terwyl Gideon Lombard (Suidooster) wys sy kitaarspel is net so goed soos sy akteursvernuf!
Ook op die program is Grethe van der Merwe wie se nuutste album tans gons op RSG, Marlie Katzke, kabaretkenner en engelstem, die akoestiese klanke van Hilandi Du Toit en die befaamde orrelis Winand Grundling voer ’n paar verrassings in die mou! Pianiste en maestros Pieter van Helslandt, Lucas Heinen en Stephan Bezuidenhout, sowel as Gemayel Kroukamp op tromme en fluitspeler Lerienne Roux is ook te sien in hierdie skouspel van ’n konsert!
Hierdie vertoning bied ’n verskeidenheid van musiek en vermaak geskik vir die hele gesin. Vir besprekings kontak André by 076 147 8300 | paarlmusic@gmail.com.